Verbeter jou prestasie, een dag op 'n keer

edge

BELANGRIKE KENNISGEWING: KLIEK HIER VIR DIE KALENDER

BEELDSKOOL DOEN DIT WEER, IN APRIL 2017, JULIE 2017 EN OKTOBER 2017.

MOENIE DIT MISLOOP NIE!!!

MAAK JOU O
ë TOE EN Sê VIR JOUSELF: "IF IT IS TO BE, IT IS UP TO ME"




BEELDSKOOL

Beeldskool is die oudste winterskool (vind al vanaf 1974 plaas) vir graad 11 en 12-leerders om te help met eksamenafronding. Dit word in Afrikaans en Engels aangebied by Universiteit van Pretoria en Universiteit van Johannesburg in vakke soos:
Wiskunde Wiskunde Geletterdheid
Fisiese-en Lewenswetenskappe
Rekeningkunde
Besigheidstudies Afrikaans Huistaal en
Engels Eerste Addisionele Taal

Leerlinge kom jaarliks van heinde en verre om dit by te woon en getuig van die puik afronding wat dit hulle bied. Ons ontvang nou reeds inskrywings vir Julie se klasse.

WAT IS BEELDSKOOL?

'n Verandering is só goed soos 'n vakansie! So is Beeldskool vir Gr. 11 & 12 leerders. Dit is 'n topgehalte opknappingskursus wat by die Universiteite van Johannesburg en van Pretoria deur ervare onderwysers in die praktyk aangebied word om leerders se bestaande vakkennis op te skerp en hulle behoorlik vir die komende eksamens af te rond. Dit is 'n wonderlike geleentheid om die vakke wat aangebied word uit 'n ander oogpunt te sien.


WATTER VAKKE WORD AANGEBIED?

Universiteit van Johannesburg:

Daar sal vir graad 12 leerlinge Wiskunde en Fisiese Wetenskappe aangebied word. Die klasse sal in Afrikaans en Engels plaasvind. Wiskunde en Fisiese Wetenskappe word ook vir graad 11 leerlinge aangebied.


Universiteit van Pretoria:

Matrikulante kan afronding kry in Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele taal, Lewenswetenskappe, Wiskunde, Wiskunde Geletterdheid, Fisiese Wetenskappe, Besigheidstudies en Rekeningkunde. Daar word ook vir graad 11 klasse in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe aangebied. Die klasse word in Afrikaans aangebied. Daar sal ook klasse in Engels slegs vir graad 12 wees in Wiskunde, Fiesiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe.


HOE LANK IS DIE ONDERRIGSESSIES?

'n Vak se onderriggeldtyd is vier 1 en 1/2 uur sessies per dag. Dus 6 uur onderrigtyd per dag.


HOE KAN LEERDERS INSKRYF EN TOT WANNEER IS DAAR TYD?

Daar kan tot ‘n week voor klasse ‘n aanvang neem ingeskryf word.

E-pos skool@beeld.com vir ‘n rooster en inskrywingsvorm.


WIE SAL BY BEELDSKOOL BAAT VIND?

Elkeen kan – van diegene wat vir onderskeidings werk tot dié wat bietjie sukkel.

VOORDELE VAN BEELDSKOOL:

  • Graad 11 en 12-leerders kry ‘n blik op die Universiteitskampusse en lokale – dit gee leerders ‘n goeie voorsmaak wat in die toekoms op hulle wag sou hulle Universiteit toe gaan.

  • Leerders maak nuwe vriende en ruil kennis uit.

  • Leerders kry onderrig uit ‘n ander perspektief met aantekeninge.


HOE LANK WORD BEELDSKOOL AL AANGEBIED?

Beeldskool is in 1974 gestig. Ons kry oproepe van ouers wat sê hulle was 24 jaar gelede daar – dit was wonderlik. Hulle wil nou vir hulle kinders inskryf.



VOORSMAAK VAN AFRONDING

Stacks Image 1310


VORIGE LEERDERS SE KOMMENTAAR:

Baie goeie opsomming van die jaar se werk.
Baie goeie aanbieding, beter as my onderwyser.
Dankie vir die uitstekende aanbieding, ek verstaan nou beter.
Ek was baie beïndruk met die manier waarop die onderwyser die werk verduidelik het.
Uitstekende vakkenis!
Die oom is puik!

The lesson was good and enjoyable, I benefited a lot and the teacher is very good. He must continue presenting.
It was interesting.
Thank you Beeld school for giving me an opportunity to learn!
I recommend Beeld School and today's teacher has made me see thing better than before.


Ze inglish is bieng very usefulness...
Ek ken my tale en het reeds meeste goed geweet, maar die tips wat die onnie gegee het gaan my baie help.

Dit was regtig die moeite werd, die aanbieder is uitstekend en flippen nice. Goeie aantekeninge!
Goeie juffrou met baie entoesiasme en goeie kennis van die vakgebied.
Dankie, ek het my kennis verbeter en dinge geleer wat my regtig in die volgende eksamen baie gaan help. Dankie vir die opsommings dit sal my ook baie help!
Beste verduidelikings ooit!
Baie baie goeie aanbieding, verstaan uiteindelik nou die Wetenskap

Vir ‘n vak wat ek 2 dae terug niks van geweet het nie, het die aanbieder ‘n besondere goeie taak verrig om my te help verstaan wat aangaan, my common sence het ook verbeter! Dis ‘n lig vir my eindeksamen.

More more more…..
Ek wou maar net baie dankie se vir al die moeite tydens beeldskool. Ek het van n 70 na n 81 gegaan in Wiskunde en van n 56 na 'n 75 in Wetenskap. Baie dankie vir al die klasse en ongelooflike goeie tye.
-Ruzel
(matrikulant 2016)