Verbeter jou prestasie, een dag op 'n keer

Evalueringskriteria vir digitale Koerant 
 
BASIESE ELEMENTE (30):
 
Tuisblad en redaksionele onderafdelings (tabs). Verskeidenheid van onderafdelings (byvoorbeeld nuus, menings, sport, leefstyl, kuns, sake). Gebruikersvriendelikheid van die webtuiste. Maklike navigasie. Digitale advertensies. Hiperskakels wat kruisnavigasie moontlik maak. Hoe gereeld word die nuus opgedateer?
 
INHOUD (30):
 
Nuuswaarde. "Mix" op Tuisblad (is dit 'n lekker samestelling van 'n verskeidenheid van stories met hoë nuuswaarde?). Is daar lekker koppe waarop lesers sal wil kliek en wat hulle op sosiale media sal wil deel? Is daar prikke onderaan die koppe met hoë lokwaarde? Goeie inhoud in die onderafdelings. Is daar byvoorbeeld 'n goeie balans tussen brekende nuus en diepte-ontleding? Taalgebruik en skoon, foutlose kopie.
50% vir nuuswaarde, 50% vir taal.
 
NB: Die digitale publikasie moet 'n lewendige webtuiste wees wat gereeld opgedateer word met nuwe stories, lewendige skakels en interaktiwiteit, nie 'n statiese PDF van 'n gedrukte koerant nie. 'n E-koerant is nie dieselfde as 'n webtuiste nie. Die digitale inskrywings moet webtuistes wees, nie e-koerante (PDF's) nie.
 
ALGEMENE VOORKOMS (20):
 
Goeie gebruik van foto's en advertensies. Leesbaarheid van koppe en prikke. Visuele elemente soos video, gifs en grafika. Netjiese uitleg van die webtuiste. Goeie gebruik van kleur wat die oog trek, maar nie oorweldigend is nie. Geen koppe wat snaaks afbreek of berigte wat verkeerd breek weens die plasing van advertensies nie.
 
ONSKAN24  (10):
 
Registrasie en betrokkenheid
 
 
BEDRYFSPLAN (5) (LW: Hierdie kriteria is dieselfde as dié vir die gedrukte koerant. In gevalle waar skole vir beide digitale en gedrukte koerant inskryf, kry hulle dieselfde punt vir hul bedryfsplan, aangesien hulle net een bedryfsplan en redaksie het)
 
Proses en beplanning, staat van inkomste en uitgawes, redaksionele span
 
ALGEMENE INDRUK (5)
 
Gehalte, geloofwaardigheid, varsheid, ratsheid, spoed.
 
 

Inskrywingsvoorbeeld (2016) van Helpmekaar Kollege - wenner koerant 2016:



unknown


Aangeheg is Helpmekaar Kollege se inskrywingsvorm vir die digitale kompetisie. Die digitale koerant is te groot om aan te heg, maar is beskikbaar op ons web-koerant se webblad onder “e-Koerant”.

KYK ASB DAARNA OP ONS WEBWERF:  
KLIEK HIER

Let asb daarop dat ons leerders ook ‘n webwerf EN ‘n selfoon-toep (“app”) geskryf het sodat ons “digitale koerant” eintlik ‘n volwaardig E-KOERANT is. Ons e-koerant staan dan ook bekend as die
e-Flitse.
Stacks Image 351